05 Januarie 2009

Tuiskoms

As ek 'n ganse dag
na sug op sug en klag op klag
van sterwendes moes luister in die siekeboeg,
dan gaan ek huis toe saans,
doodmoeg.
Voordat ek bed toe gaan
om in die slaap se soet vergetelheid te sink,
skuif ek oplaas die swaar gordyne dig
en keer weldadig by my leeslamp in
en soek vertroosting in die sagte lig
by groot musiek en poësie.

• Voordrag deur die digter 

2 opmerkings:

  1. Nou net die blog bekyk, Oom het kan tevrede wees met 'n uitstekende tuiste vir Oupa Pieter se digkuns-Richard

    AntwoordVee uit
  2. ek stem Richard!
    Ons kan trots wees om al Oupa Pieter se werk!
    Louise V

    AntwoordVee uit

Ons besoekers kom van...

ip-location